Vanmore op OFM het ons die vraag beantwoord: "Is dit onwettig om vir aankomende verkeer aan te dui, deur middel van die flits van jou motor se hoofligte, dat daar 'n verkeersbeampte besig is met 'n spoedlokval en sodoende te verhoed dat mede padverbruikers moontlik gevang kan word vir oortreding van die spoedgrens?" Luister gerus na die onderhoud. Dit is belangrik om jou regte te ken wanneer dit kom by toepassing van die Nasionale Padverkeerswet omrede baie persone bloot aanvaar dat hulle skuldig is sonder dat daar gelet word op die talle vereistes waaraan voldoen moet word vanaf staatsweë ten einde 'n skuldigbevinding te bewerkstellig. #𝙅𝙃𝙅𝘼𝙏𝙏𝙊𝙍𝙉𝙀𝙔𝙎
Jan Jordaan
Comments